Gevegswapen

Voorbeeld van 'n wapen

'n Wapen is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om mense, diere of voorwerpe te beseer, beskadig of dood te maak. Dit kan gebruik word as aanval- of verdedigingsmiddel. Sedert die begin van die menslike geskiedenis het mense al wapens vir jag, selfverdediging en oorlogvoering gebruik.

Die ontwikkeling van wapens is deur die eeue heen gestimuleer deur die eise wat gebruikers aan hulle wapens gestel het. Die kennis en bewerking van metale hang ten nouste saam met die ontwikkeling van wapentuig. Eeue gelede was die mens al daartoe in staat om wapens van hoë gehalte uit metaal te vervaardig.

Hierdie wapens was gewoonlik versier en was dan ook statussimbole. Groot kundigheid en vernuf is aan die dag gele, want die bekendstelling van 'n aanvalswapen het telkens tot die uitvinding van ʼn verdedigingsmetode gelei. Die wapenwedloop wat kenmerkend vir die 20e eeu geword het, bring mee dat die ontwikkeling van wapentuig teenswoordig selfs vinniger as tevore geskied. Vuurwapens is alle wapens wat ʼn projektiel deur middel van 'n plofstof kan afvuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search