Gevoel

Melancholie (deur Edgar Degas)

Gevoel is die nominalisering van die werkwoord om te voel.[1] Die woord is aanvanklik in Engels gebruik om die fisieke sensasie van aanraking deur óf ervaring óf persepsie te beskryf. Benewens fisieke sensasies, is die woord ook gebruik om ervarings soos "'n warm gevoel"[2] en die mens se gevoelsvermoë oor die algemeen te beskryf. In Latyns beteken sentire om te voel, hoor of ruik. In die sielkunde staan die woord gewoonlik in verband met die bewustelike, subjektiewe ervaring van emosie.[3] Fenomenologie en heterofenomenologie is filosofiese benaderings wat 'n basis vir die kennis van gevoelens verskaf. Baie psigoterapeutiese skole maak daarop staat dat die terapeut (aan die hand van sekere metodologieë) 'n begrip van die kliënt se gevoelens verkry.

'n Persepsie van die fisiese wêreld lei nie noodwendig tot 'n universele reaksie onder ontvangers nie (sien emosies), maar wissel afhangende van 'n mens se hantering van die situasie, die manier waarop die situasie met die ontvanger se vorige ervarings verband hou, en ander faktore. Gevoelens staan ook bekend as 'n toestand van bewussyn wat uit emosies, sentimente en begeertes voortkom.

Mense koop produkte in die hoop dat dit hulle op 'n sekere manier sal laat voel: gelukkig, opgewonde of mooi. Sommige mense koop skoonheidsprodukte in die hoop om geluk of 'n gevoel van selfskoonheid te ervaar. Vorige gebeurtenisse word in ons lewens gebruik om skemas in ons denke te vorm, en gebaseer op daardie vorige ervarings verwag ons dat ons lewe volgens 'n sekere teks gaan verloop.

  1. http://www.merriam-webster.com/dictionary/feeling.
  2. http://education.yahoo.com/reference/dictionary/entry/feeling.
  3. VandenBos, Gary (2006) APA Dictionary of Psychology.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search