Grasveld

'n Grasland in Antelope Valley, Kalifornië, VSA.

Grasvelde of grasland kom voor waar die hoeveelheid reënval gunstig is vir die groei van gras, en in sommige gevalle ook bome en struike. In grasveldgebiede is die reënval nie voldoende om groot gebiede met bome te kan akkommodeer nie.

Grasvelde word verdeel in tropiese, gematigde en polêre grasvelde. Tropiese grasvelde soos savannes met verspreide struike en dwergagtige bome kom in gebiede met hoë gemiddelde temperature en lae tot matige reënval voor. Hulle kom dus naby die ewenaar voor. Tropiese savannes in Afrika het groot troppe diere wat wei (grasvreters) en vreet (tak- en blaarvreters) soos wildebeeste, gaselle, sebras, kameelperde en wildsbokke. Hierdie diere het almal gespesialiseerde eetgewoontes wat meebring dat hulle nie hoef mee te ding vir kos nie. Kameelperde vreet byvoorbeeld blare en lote van die kruine van bome, terwyl olifante takke laer af vreet en wildsbokke, sebras en wildebeeste gras verkies.

Veldbrande speel ook 'n groot rol in grasvelde. Veral in die Afrikaanse grasvelde kom ook ondergrondse bome voor. Die groot ondergrondse deel van hierdie plant is goed teen veldbrande en die herbivore beskerm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search