Guerrilla-oorlogvoering

Generaal Jan Smuts het 'n guerrilla-eenheid aangevoer in die Tweede Vryheidsoorlog

Guerrilla-oorlogvoering (“guerrilla” is die verkleiningsvorm van die Spaanse woord “guerre”, wat oorlog beteken) is 'n term op die gebied van die krygswetenskap wat verwys na 'n gewapende konflik waarin ongereguleerde vegters probeer om 'n staande gewapende mag te ontwrig en uit te put, terwyl die verskil in vuurkrag die direkte konfrontasie van daardie vegters verhoed. Die term guerrilla word ook gebruik om die organisasie wat die guerrillastryd voer, aan te dui.

Belangrike bydraes tot die literatuur oor guerrillas is gemaak deur die ervare kundiges Mao Zedong en Che Guevara. Guerrilla-aksies is een van die oudste vorme van asimmetriese oorlogvoering.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search