Gurwent

Gurwent, Wrhwant, Gurwant, of Gurvand (Latyn: Vurfandus) (sterf in 876) was van 874 tot sy dood 'n aanspraakmaker op die Koninkryk van Bretagne. Hy het die koningskap betwis met Pascweten, Graaf van Vannes.

Gurwent was medepligtig aan die sameswering wat verantwoordelik was vir die sluipmoord op Salomon in 874. Hy was egter deel van die faksie wat buite Salomon se hofhouding geval het, en was afkomstig van noordwes-Bretagne. Hy is nooit aangespreek as "Graaf" nie.[1] In 874 het hy 200 manskappe gemonster om die Wikings te beveg.[2] Na Salomon se dood het hy en Pascweten die gebied tussen hulle verdeel, alhoewel Regino van Prüm aangeteken het dat laasgenoemde 'n groter deel verkry het. 'n Geskil het spoedig tussen die twee ontstaan, en hulle het geveg om die koningskap. Teen die middel van 876 was Gurwent dood, en sy seun Judicaël het by hom oorgeneem.

Sy vrou was 'n dogter van Erispoë, en in sommige gerekonstrueerde geslagsregisters was hul een dogter getroud met Berengar van Bayeux. Hul kinders was:

  1. Smith, 121.
  2. Smith, 30 en n86.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search