Hadrianus

Hadrianus
Keiser Hadrianus. Marmerborsbeeld in die Museo Archeologico Nazionale di Venezia, Italië
Keiser Hadrianus. Marmerborsbeeld in die Museo Archeologico Nazionale di Venezia, Italië
Tydvak Adopsie-Keisers
Voorganger Trajanus
Periode 117138
Opvolger Antoninus Pius
Geboortedatum 24 Januarie 76
Geboorteplek Rome of Italica
Sterfdatum 10 Julie 138
Sterfplek Baiae, by Napels
Geboortenaam Publius Aelius Hadrianus
Adopsie-vader Trajanus
Adopsie-moeder Pompeia Plotina
Adopsie-seuns Lucius Aelius Verus Caesar en Antoninus Pius
Getroud met Vibia Sabina

Hadrianus[1] (Latyn: Publius Aelius Traianus Hadrianus Augustus) (Rome of Italica, 24 Januarie 76 – Baiae (Italië), 10 Julie 138) was vanaf 117 tot 138 die keiser van die Romeinse Ryk. Hy word onder meer met grootskaalse bouprojekte verbind - sy villakompleks buite Rome (in Italiaans bekend as Villa Adriana), die Panteon in Rome en landgoed, sy mausoleum in Rome en die Hadriaanse Muur wat die noordelike grens van die provinsie Britannia aangedui het. In Rome het hy die Panteon laat herbou en die Tempel van Venus en Roma opgerig. Hy was die derde van die vyf adopsiekeisers - en die eerste Romeinse keiser wat 'n baard gedra het om sy waardering vir die Griekse kuns en beskawing te toon. Dit sou aan hom die bynaam Graeculus of "klein Griek" besorg.

  1. Hadrian. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search