Hainaut

Hainaut
Provinsie
Uitsig oor Lobbes
Uitsig oor Lobbes
Vlag van Hainaut
Vlag
Wapen van Hainaut
Wapen
Ligging van die provinsie Hainaut in België
Ligging van die provinsie Hainaut in België
Koördinate: 50°30′N 3°55′O / 50.500°N 3.917°O / 50.500; 3.917Koördinate: 50°30′N 3°55′O / 50.500°N 3.917°O / 50.500; 3.917
LandVlag van België België
Gewes Wallonië
HoofstadMons
Regering
 • GoewerneurTommy Leclercq (PS)
Oppervlak
 • Totaal3 812,83 km2 (1 472,14 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 356 895
 • Digtheid356/km2 (920/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.hainaut.be

Hainaut of Henegouwe (Frans: Hainaut, Nederlands: Henegouwen, Duits: Hennegau, Pikardies: Hénau, Wallonies: Hinnot) is 'n Franssprekende Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 357 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 813 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 356 per km². Die hoofstad is Mons.

Hainaut lê in die suidweste van België en grens aan die Franse geweste Nord-Pas-de-Calais en (vir 'n stukkie) Champagne-Ardenne. In die provinsie word naas Frans ook Pikardies gepraat, met uitsondering van die oostelike deel waar Wallonies naas Standaardfrans as omgangstaal gebruik word.[3]

Die hartland van Hainaut is 'n voormalige steenkool-mynboustreek waarvan die westelike deel Borinage en die oostelike Swart Land (Pays Noir) genoem word. Uitlopers van die Ardenne-bergreeks strek tot in die oostelike deel van Hainaut. Die belangrikste riviere is die Skelde in Wes-Hainaut en die Samber in Oos-Hainaut. Die hoogste punt (365 m bo seevlak) lê in die dorp L'Escaillère in die munisipaliteit Chimay (Suid-Hainaut).

  1. Statbel
  2. Statbel
  3. Wallonies word nog tot 'n mindere mate gepraat.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search