Han-dinastie

漢朝
Han-dinastie
Flag
206 v.C. – 220 n.C. Flag
Ligging of Han
Ligging of Han
Die Han-ryk in 87 v.C. (belangrikste provinsies in bruin).
Hoofstad Chang'an (206 v.C. – 9 n.C., 190–195 n.C.)
Luoyang (25–190 n.C., 196 n.C.)
Xuchang (196–220 n.C.)
Taal/Tale Oud-Chinees
Godsdiens Taoïsme
Konfusianisme
Chinese volksreligie
Regering Monargie
Keiser
 - 202–195 v.C. Gaozu
 - 25–57 n.C. Guangwu
Historiese tydperk Antieke tydperk
 - Stigting 206 v.C. 206 v.C.
Oppervlakte
 - 50 v.C. 6 000 000 km2
2 316 613 sq mi
Bevolking
 - 2 n.C. skatting 57 671 400 
Geldeenheid Ban liang-munte
Wu zhu-munte

Die Han-dinastie (Vereenvoudigde Chinees: 汉朝; Tradisionele Chinees: 漢朝; pinyin: Hàn Cháo; Wade–Giles: Han Ch'ao; IPA: [xân tʂʰɑ̌ʊ̯], 206 v.C. – 220 n.C) was ’n Chinese dinastie wat vooafgegaan is deur die Qin-dinastie (221–207 v.C.) en opgevolg is deur die Drie Koninkryke (220–280 n.C.). Dit is gestig deur die rebelleleier Liu Bang, nadoods bekend as keiser Gaozu van Han. Dit is kortliks onderbreek deur die Xin-dinastie (9–23 n.C.) van die vorige heerser Wang Mang. Dié tussentydperk verdeel die Han in twee tydperke: die Westelike Han (206 v.C. – 9 n.C.) en die Oostelike Han (25–220 n.C.). Die bewind van die Han, wat oor vier eeue gestrek het, word beskou as ’n goue era in die Chinese geskiedenis.[1] Tot vandag verwys China se grootste etniese groep na hulself as die "Han-volk" en die Chinese skrif word "Han-karakters" genoem.[2]

  1. Zhou, Jinghao (2003). Remaking China's Public Philosophy for the Twenty-First Century, bl. 34. Westport: Greenwood Publishing Group, Inc. ISBN 0-275-97882-6
  2. Schaefer, Richard T. (2008). Encyclopedia of Race, Ethnicity, and Society: Volume 3, bl. 279. Thousand Oaks: Sage Publications Inc. ISBN 1-4129-2694-7

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search