Hannover

Hannover

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Nedersakse
 Koördinate 52°22′N 9°44′O / 52.367°N 9.733°O / 52.367; 9.733
 Stigting Voor 1150
 Stadstatus 1241
 Oppervlak:  
 - Totaal 204,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 55 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2020) 534 049
 - Bevolkingsdigtheid 2 614/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 1,4 / 17,7 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 642 mm
 Burgemeester Belit Onay (Groenes)
 Amptelike webwerf www.hannover.de

Hannover (Duits: [haˈnoːfɐ], ) is die hoofstad van die Noord-Duitse deelstaat Nedersakse met 'n oppervlakte van 204,3 vierkante kilometer en 'n bevolking van 534 049 (soos op 31 Desember 2020). Hannover maak deel uit van die administratiewe gewes Hannover (Duits: Region Hannover) en die metropolitaanse gebied (Duits: Metropolregion) Hannover-Braunschweig-Göttingen.

Hannover was ook die hoofstad van die vroeëre Duitse land Hannover en vanaf 1866 van die gelyknamige Pruisiese provinsie. Vandag staan Hannover veral bekend vir sy internasionale uitstalling. Die stad lê by die kruispunt van belangrike nasionale en Europese verkeersare.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search