Harlem

Harlem
Woonbuurt
Hotel Theresa op die hoek van Adam Clayton Powell Jr. Boulevard en 125th Street.
Hotel Theresa op die hoek van Adam Clayton Powell Jr. Boulevard en 125th Street.
Byname: 
"Heaven", "Black mecca"
Kaart van Manhattan wat Harlem in oranje aandui.
Kaart van Manhattan wat Harlem in oranje aandui.
Koördinate: 40°48′N 73°57′W / 40.800°N 73.950°W / 40.800; -73.950Koördinate: 40°48′N 73°57′W / 40.800°N 73.950°W / 40.800; -73.950
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat New York
Stad New York
Borough Manhattan
DistrikManhattan 10[1]
Gestig in1660[2]
Gestig deurPeter Stuyvesant
Genoem naHaarlem, Nederland
Oppervlak
 • Totaal3,63 km2 (1 400 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal197 052
TydsoneUTC-5 (OST)
 • SomertydUTC-4 (ODT)
Poskode
10026, 10027, 10030, 10037, 10039
Skakelkodes212, 332, 646 en 917

Harlem is 'n woonbuurt in Bo-Manhattan in die stad New York. Dit word rofweg begrens deur die Hudsonrivier in die weste; die Harlemrivier en 155th Street in die noorde; Fifth Avenue in die ooste; en Central Park-Noord in die suide. Die groter Harlem sluit verskeie ander woonbuurte in.

Die buurt was aanvanklik 'n Nederlandse dorp wat in 1658 amptelik ontstaan het.[4] Dit is genoem na die stad Haarlem in Nederland.

Harlem se geskiedenis word gekenmerk deur 'n reeks ekonomiese siklusse van oplewing en insinking, met aansienlike bevolkingsverskuiwings wat met elke siklus gepaardgegaan het.[5] Dit is in die 19de eeu hoofsaaklik deur Amerikaanse Jode en Italiane bewoon, maar Afro-Amerikaners het tydens die Groot Migrasie in die 20ste eeu in groot getalle daarheen getrek. In die 1920's en 1930's was Sentraal- en Wes-Harlem die middelpunt van die Harlem-renaissance, 'n groot Afro-Amerikaanse kultuurbeweging.

Teen die 1970's het baie inwoners wat dit kon bekostig uit die buurt getrek op soek na beter skole en huise en veiliger strate. Dié wat agtergebly het, was die armstes. Hoewel die regering $100 miljoen bestee het om werkopleiding en woonomstandighede oor 'n tydperk van 10 jaar te verbeter, het Harlem geen verbetering getoon nie.[6]

Ná die 1990's het Harlem weer begin groei. Tussen 1990 en 2006 het die inwonertal met 16,9% toegeneem.[7] Weens werkverliese tydens die Groot Depressie van die 1930's en die deïndustrialisasie van New York ná die Tweede Wêreldoorlog het armoede en misdadigheid in Harlem aansienlik gestyg.[8] In die 21ste eeu het misdadigheid weer afgeneem en Harlem is opgeknap en gerestoureer.

Die gebied het 'n moltrein en busse. Daar is verskeie skole en dit is naby 'n aantal universiteite.

  1. 1,0 1,1 (en) "NYC Planning | Community Profiles". New York City Department of City Planning. Besoek op 18 Maart 2019.
  2. Gill 2011, p. 33
  3. (en) "Central Harlem" (PDF). NYC Health. 2018. Besoek op 2 Maart 2019.
  4. Pierce, Carl Horton, et al. New Harlem Past and Present: the Story of an Amazing Civic Wrong, Now at Last to be Righted. New York: New Harlem Pub. Co., 1903.
  5. "Harlem History |". Harlemworldmag.com. 26 Januarie 1934. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2012. Besoek op 2 Februarie 2013.
  6. "Harlem's Dreams Have Died in Last Decade, Leaders Say", The New York Times, 1 Maart 1978, p. A1.
  7. "Census trends: Young, white Harlem newcomers aren't always welcomed", New York Daily News, 26 Desember 2010
  8. Roberts, Sam (5 Januarie 2010). "No Longer Majority Black, Harlem Is in Transition". The New York Times. Besoek op 2 Oktober 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search