Hawaii

Deelstaat Hawaii
Mokuʻāina o Hawaiʻi
alt alt
Vlag van Hawaii Seël
Bynaam(e): The Aloha State
alt
Kaart van die Verenigde State met Hawaii uitgelig
Amptelike taal(e) Engels, Hawais
Gesproke taal(e) Engels (73,4%), Tagalog (5,4%), Japannees (5,0%), Ilokano (4,0%), Chinees (2,0%), Hawais (1,7%), Spaans (1,7%), Koreaans (1,6%) en Samoaans (1,0%)
Inwonernaam Hawaiianer
Hoofstad Honolulu
Grootste stad Honolulu
Area  43ste in die V.S.
 - Totaal 28 311 km2
 - Wydte km
 - Lengte 2 450 km
 - Water 11 672 km2
 - % water 41,2 %
 - Breedtegraad 18°55' N tot 28°27' N
 - Lengtegraad 154°48' W tot 178°22' W
Bevolking  40ste in die V.S.
 - Totaal 1 428 557
 - Digtheid 82,6/km2
13de in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Mauna Kea
4 205 m
 - Gemiddeld 920 m
 - Laagste punt Stille Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie  21 Augustus 1959 (50ste)
Goewerneur David Ige (D)
Luitenant-Goewerneur Shan Tsutsui (D)
Wetgewer Hawaii Algemene Vergadering
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Brian Schatz (D)
Mazie Hirono (D)
Tydsone UTC-10 / Somertyd: Geen
Afkortings HI US-HI
Webblad www.hawaii.gov

Hawaii (Engels: State of Hawaii, Hawais: Mokuʻāina o Hawaiʻi), 'n vulkaniese eilandgroep wat sewe groot bewoonde en 125 kleiner onbewoonde eilande behels, is die 50ste en mees westelike van die Amerikaanse deelstate. Alhoewel die grootste eiland, wat met sy kenmerkende driehoeksvorm byna twee derdes van die totale oppervlak beslaan, ook die naam Hawaii dra, bly Oʻahu met die hoofstad Honolulu die belangrikste en mees digbevolkte eiland – en ook steeds die hoofbestemming vir miljoene toeriste. Ter onderskeiding van die eilandgroep word die eiland Hawaii deur die plaaslike bewoners dikwels Big Island (Groot Eiland) genoem. Hawaii se bynaam is Die Aloha-staat (Engels: The Aloha State).

Die hoofstad Honolulu op die eiland Oahu

Hawaii lê suid van die deelstaat Alaska, noord van die Franse eiland Tahiti in Frans-Polinesië en sowat 3 700 kilometer wes van die Amerikaanse vasteland. Alhoewel die eilandgroep polities deel uitmaak van Noord-Amerika, vanweë sy ligging noord van die ewenaar en in geografiese opsig ook nie by die Suidsee-eilande gereken word nie, behoort dit ten opsigte van sy inheemse bevolking en beskawing wél tot Polinesië en vorm dit die noordelike punt van die Polinesiese Driehoek.

Die bewoners van die huidige Amerikaanse deelstaat is 'n mengelmoes van Europese en Oosterse nasies en rasse, terwyl die oorspronklike Polinesiese bewoners vandag in die minderheid is.

Ondanks sy ligging in die Noordelike Stille Oseaan naby die Kreefskeerkring en byna 2 400 kilometer noord van die ewenaar word Hawaii in die algemeen veral deur toeriste as 'n tipiese Suidsee-eiland gereken en dikwels met 'n sorgvrye paradys geassosieer. Gevolglik het Honolulu met sy bekende Waikiki-strand al dekades gelede 'n sinoniem vir moderne Amerikaanse massatoerisme geword. Sowat 60 persent van alle besoekers kom tans uit die Verenigde State en Japan.[1] Nogtans het Hawaii sy natuurskoon danksy die omgewingsbewustheid van sy inwoners bewaar.

  1. Stahn (1995), bl. 14

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search