Hel

Die hel, detail van ’n fresko in die Middeleeuse Kerk van Sint Nikolaas in Raduil, Bulgarye.

Die hel is in godsdiens en folklore ’n bestemming vir afgestorwenes, soms ’n plek van lyding en straf. Godsdienste met ’n lineêre uitkyk beskou die hel dikwels as ’n bestemming vir ewig, terwyl dié met ’n sikliese uitkyk dit dikwels sien as ’n plek vir tussen inkarnasies. Die hel word gewoonlik uitgebeeld as ’n plek onder die aardoppervlak wat ’n ingang vanaf die land van die lewendes het. Ander plekke van die hiernamaals sluit in die hemel, vaevuur, paradys en limbo.

In ander tradisies, wat nie die heirnamaals beskou as ’n plek van straf of beloning nie, beskryf die hel bloot as ’n bestemming van die afgestorwenes, die graf, ’n neutrale plek onder die oppervlak van die aarde (soos Sjeool of Hades.)


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search