Helsinki

Helsinki
Helsingfors


Europese Kultuurhoofstad 2000
Euroopan kulttuuripääkaupunki 2000


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Finland Finland
 Landskap Uusimaa
 Provinsie Suid-Finland
 Koördinate 60°10′N 24°56′O / 60.167°N 24.933°O / 60.167; 24.933
 Gestig op 12 Junie 1550
 Regeringsetel sedert 1812
 Oppervlakte:  
 - Totaal 715,48 vk km[1]
 - waarvan land 214,25 vk km
 Hoogte bo seevlak 26 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2022) 664 028[2]
 - Bevolkingsdigtheid 928/vk km
 - Metropolitaanse gebied
(Suur-Helsinki/Storhelsingfors)
1 582 452
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,8 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −5,6 / 16,8 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 649,8 mm
 Burgemeester Juhana Vartiainen
 Amptelike webwerf www.hel.fi

Helsinki (Fins: [ˈhɛlsiŋki], ; Sweeds: Helsingfors, [hɛlsɪŋˈfɔrs], ) is die hoofstad van Finland en die Finse gewes Uusimaa met 'n oppervlakte van 715,48 vierkante kilometer en 'n bevolking van 664 028 (2022).

Die Evangelies-Lutherse katedraal is een van die bekendste bakens van Helsinki

Helsinki is die grootste stad van Finland en sy politieke, ekonomiese, kulturele, opvoedkundige en geestelike sentrum. Meer as 'n kwart van die Finse bevolking woon in die agglomerasie van Helsinki – die vierde grootste in Noord-EuropaStockholm, Kopenhagen en Oslo – met 1,6 miljoen inwoners, dit sluit voorstede soos Espoo en Vantaa in. Helsinki is 'n tweetalige stad en 6,2 persent van sy inwoners praat Sweeds. Naas 'n Finssprekende meerderheid van sowat 88 persent huisves die stad ook die grootste aantal buitelanders in Finland. Helsinki is die noordelikste hoofstad van enige lidland van die Europese Unie en ook die noordelikste metropolitaanse gebied wêreldwyd.

Die stad is in 1550 deur die Sweedse koning Gustav I Vasa by die monding van die Vantaarivier in die Finse Golf gestig en eers in 1640 na sy huidige ligging verskuif. Ná 'n groot brandramp in 1807 is 'n grootskaalse herbouingsprogram geloods, en in 1812 het Helsinki met sy destyds 4 000 inwoners Turku (Sweeds: Åbo) as hoofstad vervang. In 1828 is ook die Finse universiteit na Helsinki verskuif.

Helsinki se argitektuur is veral deur die klassisisme beïnvloed. Die stadsentrum met die Senaatsplein (Senaatintori), die Universiteit van Helsinki se hoofgebou en biblioteek, die Presidentspaleis en die katedraal, is in die 19de eeu deur die Duitse argitek Carl Ludwig Engel ontwerp. Daarnaas word ook die argitek J.A. Ehrenström met die heropbou van Helsinki verbind.

Die huidige stadskarakter bekoor met 'n mengsel van ou en nuwe boustyle, en ondanks sy rol as hoofstad van Finland is daar nog talle rustige stadsbuurte en parke. Die nabyheid van die Oossee gee aan die stad daarnaas ook 'n maritieme karakter. Helsinki is saam met agt ander stede aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2000.

  1. (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
  2. (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search