Hetaira

Jean-Léon Gérôme se skildery Phryne voor die Areopagus beeld die hetaira Phryne uit wat verhoor word. Toe die jurielede haar naakte liggaam sien, het hulle glo besluit sy is onskuldig.

Hetaira (meervoud: hetairai; Grieks: ἑταίρα, "metgesel") was 'n soort prostituut in antieke Griekeland wat, benewens om seksuele dienste te verskaf, ook opgetree het as 'n kunstenaar, vermaker en geselser. Anders as ander Griekse vroue van dié tyd was hetairas goed opgevoed en is hulle in die simposiums toegelaat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search