Hewlett-Packard

Hewlett-Packard Company
Tipe Publieke maatskappy
Gestig 1939 in Palo Alto, VSA
Hoofkantoor Palo Alto, CAVerenigde State
SleutelpersoneWilliam Redington Hewlett, Dave Packard (stigters)
IndustrieInligtingstegnologie
ProdukteRekenaars en skootrekenaars, rekenaarskerms, bedieners, sagteware, drukkers
DiensteIT-dienste
Inkomste127,25 miljard VSA-$ (2011)
Bedryfsinkomste11,39 miljard VSA-$ (2011)
Netto inkomste7,07 miljard VSA-$ (Fiskale jaar 2011)
Werknemers349 600 (31 Oktober 2011)
Dogter-
maatskappye
Compaq
SlagspreukInvent.
WebwerfHP.com
Ontbind1 November 2015

Hewlett-Packard Company, algemeen bekend onder sy afkorting HP, was 'n multinasionale inligtingstegnologie-maatskappy wat sy hoofkwartier in Palo Alto in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gehad het. HP het van 'n beskeie begin as motorhuisonderneming tot een van die grootste globale tegnologie-vervaardigers gegroei en bedien vandag byna elke mark wêreldwyd. Volgens sy omset is dit tans die grootste vervaardiger van inligtingstegnologie ter wêreld, nog voor IBM. HP was ook een van die eerste tegnologie-ondernemings wat hulle in die bekende Silicon Valley in Kalifornië gevestig het.

In die 1970's het HP eerste kommersiële sukses met die vervaardiging en verspreiding van rekenaarreekse met self-ontwikkelde bedryfstelsels behaal. Die onderneming het daarnaas 'n lang tradisie as vervaardiger van programmeerbare wetenskaplike sakrekenaars en ontwikkelaar van meettegnologie. Die ontwikkeling en verspreiding van rekenaars met self-ontwikkelde sagteware is in die laat 1980's gestaak.

Vandag is HP 'n konglomeraat-onderneming wat dogtermaatskappye soos die rekenaarvervaardiger Compaq en Palm as produsent van die Black Berry insluit. Die groep spits hom op die ontwikkeling en vervaardiging van rekenaar-, datastoor- en netwerk-hardeware, die ontwerp van sagteware en die verskaffing van IT-dienste toe.

Alhoewel HP in die IT-bedryf as een van die grootste verskaffers van bedieners en bedienerdienste bekend staan, verbind eindbverbruikers die naam HP veral met drukkers. HP het in 1984 die eerste inkstraaldrukker ontwikkel en word tans onder die grootste verskaffers van ink- en lasergebaseerde rekenaardrukkers, ink- en lasertonerhouers asook skandeerders en kopieerders vir kommersiële en privaat verbruikers gereken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search