Hibriedspesievorming

’n Hibried tussen ’n grys- en ysbeer.

Hibriedspesievorming is ’n soort spesievorming waar ’n kruising tussen twee verskillende spesies tot ’n nuwe spesie lei wat reproduktief geïsoleer is van die ouerspesies. Van die 1940's af is geglo reproduktiewe isolasie tussen hibriede en hul ouers is ’n baie moeilike proses en dat hibriedspesies dus uiters skaars is. Nadat DNS-ontleding in die 1990's algemener geraak het, is ontdek hibriedspesievorming is ’n taamlik algemene verskynsel, veral onder plante.[1][2]

  1. Arnold, M.L. (1996). Natural Hybridization and Evolution. New York: Oxford University Press. p. 232. ISBN 978-0-19-509975-1.
  2. Wendel, J.F. & Doyle, J.J. (1998): DNA Sequencing. In Molecular Systematics of Plants II. D.E. Soltis, P.S. Soltis, J.J. Doyle. Kluwer, Boston (red.), pp. 265–296.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search