Himalia-groep

Die diagram vergelyk die wentelbaaneienskappe en relatiewe grootte van die mane van die Himalia-groep. Die horisontale as illustreer hul gemiddelde afstand van Jupiter af, die vertikale as hul wentelbaan-inklinasie en die sirkels hul relatiewe grootte.

Die Himalia-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die maan Himalia. Hulle het waarskynlik dieselfde oorsprong. Die bekende lede van die groep is, van die naaste tot die verste van Jupiter af: Leda, Himalia (die grootste), Lysithea en Elara.

Die voorwerp met die voorlopige naam S/2000 J 11 is voorheen beskou as ’n moontlike kandidaat as lid van die groep,[1] maar dit word nie meer beskou as ’n satelliet van Jupiter nie.[2]

Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "a" eindig aan die mane in dié groep.

  1. Scott S. Sheppard, David C. Jewitt, "An abundant population of small irregular satellites around Jupiter", Nature, 423 (Mei 2003), ble.261-263 (pdf)
  2. IAUC 7555, January 2001. "FAQ: Why don't you have Jovian satellite S/2000 J11 in your system?" (in Engels). JPL Solar System Dynamics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 13 Februarie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search