Holocaust

'n Gedenkplaat op 'n sypaadjie voor 'n Berlynse woonhuis herinner aan 'n Sjoa-slagoffer wat hier gewoon het, gedeporteer en in Riga, Letland vermoor is
Die Auschwitz-konsentrasiekamp vanaf sy binnekant gesien kort nadat dit in Januarie 1945 deur die Rooi Leër bevry is
Kaart van die Sjoa in Europa

Die Holocaust (oftewel Sjoa, Volkslagting, Uitwissing, Jodeslagting, of Joodse Volksmoord), ook bekend as die HaShoah (Hebreeus: השואה, HaShoah, "die katastrofe" letterlik "die ongeluk", "die ramp" of "die onheil") in Hebreeus of die Holocaust in vele ander tale (waaronder Duits, Engels, Nederlands en Pools), is die algemene term wat gebruik word om die uitmoor van ongeveer ses miljoen Europese Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog te beskryf. Die Sjoa het plaasgevind as deel van 'n program van doelbewuste uitwissing, beplan en uitgevoer deur die nasionaalsosialistiese regeringstelsel onder leiding van Adolf Hitler.[1] Die term Holocaust is afgelei van die Griekse holokauston, ὁλόκαυστος holókaustos: hólos, "heeltemal" en kaustós, "verbrand"),[2] 'n vertaling van die Hebreeuse woord olah, wat 'n verbrande offer was wat heelhuids aan God geoffer is.

Die Sjoa was 'n volksmoord waartydens Adolf Hitler se Nazi-Duitsland en sy medewerkers sowat ses miljoen Jode uitgewis het.[3] Die slagoffers het sowat een miljoen kinders ingesluit[4] en verteenwoordig sowat tweederdes van die nege miljoen Jode wat in Europa gebly het.[5] Sommige definisies van die Holocaust sluit nog verder die bykomende vyf miljoen nie-Jode in, wat ook slagoffers van die Nazis se massamoorde was. Dit bring die getal slagoffers dan op elf miljoen te staan. Die moorde is regdeur Nazi- Duitsland en gebiede wat deur die Nazis beset was, gepleeg.[6]

  1. Niewyk, Donald L. The Columbia Guide to the Holocaust, Columbia University Press, 2000, bl.45: "The Holocaust is commonly defined as the murder of more than 5,000,000 Jews by the Germans in World War II." Sien ook "The Holocaust," Encyclopaedia Britannica, 2007: "the systematic state-sponsored killing of six million Jewish men, women, and children and millions of others by Nazi Germany and its collaborators during World War II. The Germans called this "the final solution to the Jewish question."
  2. Dawidowicz 1975, p. xxxvii.
  3. Snyder 2010, p. 45.
  4. Rosenberg, Jennifer. "Holocaust Facts: What You Need to Know About the Holocaust" (in Engels). About.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2017. Besoek op 26 Junie 2015.
  5. Dawidowicz 1975, p. 403.
  6. Niewyk, Donald L. and Nicosia, Francis R. The Columbia Guide to the Holocaust, Columbia University Press, 2000, pp. 45–52.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search