Hond

Honde
Gedomestikeerd
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Subspesie:
C. l. familiaris en C. l. dingo.[1][2]
Trinomiale naam
Canis lupus familiaris en Canis lupus dingo[1][2]
Sinonieme
  • Canis familiaris
  • Canis familiaris domesticus
'n Boerboel
Twee honde

Honde (Canis lupus familiaris) is vierpotige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir 'n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes.

Honde is die diere in die mensgeskiedenis wat die vroegste makgemaak is. Hulle is die mees gebruikte troeteldier, jagter en werkdier in die wêreld. In 2001 was daar ongeveer 400 miljoen honde in die wêreld.[3]

Die meeste honderasse is nie veel ouer as 'n honderd jaar nie, aangesien hulle kunsmatig geteel word vir spesifieke biologiese eienskappe en gedrag. As gevolg van kunsmatige en selektiewe teling, is daar vandag honderde verskillende tipes honderasse, wat meer diverse biologiese- en gedragseienskappe vertoon as enige ander soogdier op aarde.[4]

Die hond (familie Canidae) is waarskynlik die oudste huisdier, maar is ook 'n roofdier (orde Carnivora). Die mens is besonder geheg aan die hond vanweë die voortreflike eienskappe wat hy van sy voorouer, die wolf, geërf het. Talryke rasse het deur die eeue deur selektiewe teling en kunsmatige seleksie ontstaan.

Elke ras word vir sy besondere eienskappe gewaardeer. Honde is meer afhanklik as katte en gehoorsaam hul eienaars gewoonlik blindelings. In baie Asiatiese lande en in Meksiko word hondevleis as 'n lekkerny beskou en word honde sedert die vroegste tye ook as slagdiere aangehou. In China word die Chinese keeshond spesiaal vir dié doel vetgevoer.

  1. 1,0 1,1 "Mammal Species of the World – Browse: lupus" (in Engels). Bucknell.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2013. Besoek op 10 Augustus 2010.
  2. 2,0 2,1 "Mammal Species of the World – Browse: dingo" (in Engels). Bucknell.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2012. Besoek op 10 Augustus 2010.
  3. Coppinger, Ray (2001). Dogs: a Startling New Understanding of Canine Origin, Behavior and Evolution. New York: Scribner. p. 352. ISBN 0-684-85530-5.
  4. Spady TC, Ostrander EA (Januarie 2008). "Canine Behavioral Genetics: Pointing Out the Phenotypes and Herding up the Genes". American Journal of Human Genetics. 82 (1): 10–8. doi:10.1016/j.ajhg.2007.12.001. PMC 2253978. PMID 18179880.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search