Hoofpyn

Vrou met hoofpyn

Hoofpyn is die simptoom van pyn in die omgewing van die kop of nek. Dit manifesteer in migraines (intense of kloppende pyne), spanningstipehoofpyne en troshoofpyne. Hoofpyn is meestal onskuldig van aard. Slegs in enkele gevalle word dit deur ernstige siektes binne die skedel veroorsaak. In die meeste gevalle lê die oorsaak buite die skedel in die spiere of die bloedvate.

Migraine is 'n soort hoofpyn wat veroorsaak word deur veranderinge in die bloedvate binne en buite die skedel, wat aanvalle van ernstige hoofpyn in een deel van die kop veroorsaak.

Selfs wanneer die oorsaak van die hoofpyn liggaamlik is, soos in die geval van verhoogde spanning in die nekspiere (spanningshoofpyn) en bloedvatreaksies (migraine), speel sielkundige faktore dikwels 'n rol. In ander gevalle word hoofpyn egter uitsluitlik deur siektes veroorsaak, soos vergiftiging (veral lood), ontsteking van die sinusse of, in enkele gevalle, breinvliesontsteking of 'n gewas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search