Infanterie

Ierse infanterie in 1916
Moderne infanterie (Irak, 2004)

Infanterie is 'n afdeling van 'n leër wat uit voetsoldate bestaan. Die soldate wat op perde gery en te voet geveg het, staan as die berede infanterie bekend. 'n Soldaat van die infanterie is 'n infanteris. Die infanterie is die ruggraat van enige weermag en die belangrikste tak van 'n leër.

Infanteriste is histories opgelei om spiese, swaarde en skilde te gebruik. Moderne infanteriste word in 'n verskeidenheid van wapens opgelei, insluitend gewere, granate, vuurpyllanseerders, pistole, skerpskut- en masjiengewere.

Die infanterie kan op verskeie maniere op die slagveld aankom. Die ontplooiing van infanterie op die slagveld kan ook verskil, hetsy individueel of in 'n verskeidenheid van formasies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search