Infrarooi

’n Valskleurfoto van twee mense in lang-infrarooilig.
Hierdie infrarooifoto van die ruimte wys die (vals) kleure blou, groen en rooi in onderskeidelik golflengtes van 3,4, 4,6 en 12 µm.

Infrarooi, infrarooilig of infrarooistraling is elektromagnetiese straling met langer golflengtes as dié van sigbare lig; dit strek van die rooi kant van die sigbare spektrum by 700 nm (nanometer) tot by 1 mm. Hierdie reeks golflengtes stem ooreen met ’n reeks frekwensies van sowat 430 THz tot 300 GHz, en sluit in die grootste deel van die termiese straling wat teen kamertemperatuur deur voorwerpe uitgestraal word.

Net meer as die helfte van die Son se energie bereik die Aarde in die vorm van infrarooistraling. Die balans tussen geabsorbeerde en uitgestraalde infrarooi het ’n uiters belangrike uitwerking op die Aarde se klimaat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search