Instink

'n Hond wat water uit sy nat pels skud
'n Baba leerskilpad op pad na die oop see

Instink of ingebore gedrag is die inherente neiging van 'n lewende organisme tot besonder komplekse gedrag. Die eenvoudigste voorbeeld van instinktiewe gedrag is 'n vaste handelingspatroon (VHP) waar 'n baie kort tot mediumlengte opeenvolging van handelinge sonder variasie in reaksie op 'n duidelik gedefinieerde stimulus uitgevoer word.

Enige gedrag is instinktief wanneer dit nie op vroeëre ervaring gebaseer (dus nie aangeleer) is nie, maar 'n uitdrukking van ingebore biologiese faktore is. Pas uitgebroeide seeskilpaaie sal outomaties oor die sand in die rigting van die see skarrel. 'n Kangaroetjie klim dadelik na geboorte in sy ma se buidel. Heuningbye kommunikeer deur in die rigting van 'n voedselbron te dans. Ander voorbeelde sluit in geveg- en hofmaakgedrag by diere, interne ontsnapfunksies en nesbou.

Instink is ingebore komplekse gedragspatrone, en behoort van reflekse onderskei te word. Laasgenoemde is eenvoudig 'n organisme se reaksie op 'n spesifieke stimulus, byvoorbeeld die sametrekking van 'n pupil wanneer 'n helder lig geskyn word. Die afwesigheid van wilskrag mag nie verwar word met 'n onvermoë om vaste handelingspatrone te verander nie. Mense is byvoorbeeld in staat om 'n gestimuleerde vaste handelingspatroon te verander deur die bron van aktivering bewustelik te identifiseer en die handeling eenvoudig te staak. Diere, aan die ander kant, het meestal nie 'n sterk genoeg wilskapasiteit nie en is dus nie by magte om van hulle vaste handelingspatrone af te wyk wanneer dit geaktiveer word nie.[1]

Die rol van instinkte in die bepaling van dieregedrag wissel tussen spesies. Hoe meer kompleks die neurale stelsel, hoe groter is die rol van die serebrale korteks en sosiale leer, en hoe kleiner die rol van instinkte. 'n Vergelyking tussen 'n krokodil en 'n olifant illustreer byvoorbeeld hoe afhanklik soogdiere van sosiale leer is.

In omgangstaal word die woord instink dikwels gebruik om na intuïsie of intuïtiewe kennis te verwys.

  1. Lorenz, Konrad (1977).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search