Interseks

Die interseks pride-vlag.

’n Interseks, interseksueel of interseks(uele) persoon[1][2] is ’n individu wat gebore is met een van vgerskeie variasies van geslagseienskappe, insluitend chromosome, geslagskliere, geslagshormone of geslagsdele, wat "nie pas by die tipiese definisies van manlike of vroulike liggame nie".[3][4] Hierdie atipiese variasies kan by geboorte fisiek sigbaar wees omdat ’n baba met onduidelike voortplantingsorgane gebore word, of andersins is dit nie sigbaar nie en kan ’n mens dwarsdeur sy lewe onbewus daarvan wees.[5]

Voorheen is na intersekse as hermafrodiete of "aangebore eunugs" verwys.[6][7] In die 19de en 20ste eeu het sommige mediese kenners nuwe terme aanbeveel om die eienskappe wat hulle gesien het te klassifiseer. Die eerste terme was "ware hermafroditisme" en "vroulike of manlike pseudohermafroditisme".[8] Dié terme word nie meer gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou as dit vir mense gebruik word.[9] ’n "Hermafrodiet" word nou gedefinieer as ’n "dier of plant wat beide manlike en vroulike voortplantingsorgane het".[8] In 1917 het Richard Goldschmidt die term "interseksualiteit" geskep om na ’n verskeidenheid fisieke geslagsonduidelikhede te verwys.[8] In ’n kliniese opset word die term "geslagsontwikkelingsteurings" sedert 2006 gebruik.[10] Dié term is omstrede sedert dit begin gebruik is.[11][12][13]

Deelnemers aan die derde Internasionale Interseksforum in Desember 2013 in Malta.

Stigmatisering en diskriminasie staar interseksuele mense van hulle geboorte af in die gesig, of vandat dit bekend word dat hulle interseksueel is, byvoorbeeld tydens puberteit. Dit kan kindermoord, verlating en die stigmatisering van gesinne insluit.[14][15][16] Wêreldwyd word sommige kinders wat met onduidelike uitwendige geslagsorgane gebore word, chirurgies of met hormone verander om sosiaal aanvaarbaarder eienskappe te skep. Dit is egter omstrede en daar is geen bewyse dat dit voordele inhou nie.[17] Sulke behandeling kan sterilisasie insluit. Ook volwassenes, insluitend bekende vroulike atlete, is al aan sulke behandeling onderwerp.[18][19]

Sulke kwessies word al hoe meer as die skending van menseregte beskou.[20][21][22] Organisasies vir intersekse het ook al verklarings uitgereik oor die skending van menseregte, soos die Malta-verklaring van 2013 deur die derde Internasionale Interseksforum.[23]

Sekstoewysing by geboorte hang gewoonlik af van ’n kind se anatomiese geslags- en fenotipe. Die syfer vir die geboorte van interseks babas is van slegs 0,018% tot rofweg 1,7%, na gelang van watter toestande as interseksueel beskou word.[24] Ander interseksuele toestande betrek chromosome, geslagskliere en geslagshormone.[24][25] Sommige intersekse kan as ’n seun of meisie grootgemaak word, maar later in hulle lewe as die ander geslag geïdentifiseer word, terwyl die meeste met hulle toegewese geslag bly identifiseer.[26][27] In 2011 was Christiane Völling die eerste interseks wat suksesvol skadevergoeding geëis het in ’n saak oor chirurgie sonder toestemming.[28] In April 2015 het Malta die eerste land geword wat mediese ingryping sonder toestemming om geslagseienskappe te verander, verbied het. Dit sluit interseksuele mense in.[29][30]

Suid-Afrika was die eerste land wat interseksuele mense eksplisiet in wette teen diskriminasie genoem het.[31]

  1. "Interseks" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020.
  2. "Interseksueel" in die Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans (AWEA). Aanlyn by viva-afrikaans.org. Besoek op 13 November 2020.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named un-2016
  4. Office of the High Commissioner for Human Rights. "United Nations for Intersex Awareness". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2016. Besoek op 12 November 2016.
  5. Saner, Emine (29 Julie 2008). "The gender trap: testing the sex of Olympians competing in Beijing". The Guardian (in Engels (VK)). ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2013. Besoek op 11 Junie 2020.
  6. Mason H.J. (1978). "Favorinus' Disorder: Reifenstein's Syndrome in Antiquity?". Janus. 66 (1–2–3): 1–13. PMID 11610651.
  7. Nguyễn Khắc Thuần (1998), Việt sử giai thoại (History of Vietnam's tales), vol. 8, Vietnam Education Publishing House, p. 55
  8. 8,0 8,1 8,2 Zucker, Kenneth J.; Bradley, Susan J.; Sullivan, Claire B. Lowry (Maart 1992). "Gender Identity Disorder in Children". Annual Review of Sex Research. 3 (1): 73–120. doi:10.1080/10532528.1992.10559876. ISSN 1053-2528.
  9. Dreger, Alice D.; Chase, Cheryl; Sousa, Aron; Gruppuso, Phillip A.; Frader, Joel (18 Augustus 2005). "Changing the Nomenclature/Taxonomy for Intersex: A Scientific and Clinical Rationale". Journal of Pediatric Endocrinology and Metabolism. 18 (8): 729–33. doi:10.1515/JPEM.2005.18.8.729. PMID 16200837. S2CID 39459050. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2020. Besoek op 5 Februarie 2020.
  10. Houk, C. P.; Hughes, I. A.; Ahmed, S. F.; Lee, P. A.; Writing Committee for the International Intersex Consensus Conference Participants (Augustus 2006). "Summary of Consensus Statement on Intersex Disorders and Their Management". Pediatrics. 118 (2): 753–757. doi:10.1542/peds.2006-0737. ISSN 0031-4005. PMID 16882833. S2CID 46508895.
  11. Davis, Georgiann (11 September 2015). Contesting Intersex: The Dubious Diagnosis. New York University Press. pp. 87–89. ISBN 978-1479887040.
  12. Holmes, Morgan (September 2011). "The Intersex Enchiridion: Naming and Knowledge". Somatechnics. 1 (2): 388–411. doi:10.3366/soma.2011.0026. ISSN 2044-0138.
  13. Diamond M., Beh H.G. (27 Julie 2006). Variations of Sex Development Instead of Disorders of Sex Development. Geargiveer 21 Augustus 2008 op Wayback Machine Geargiveer 21 Augustus 2008 op Wayback Machine Arch Dis Child
  14. Civil Society Coalition on Human Rights and Constitutional Law; Human Rights Awareness and Promotion Forum; Rainbow Health Foundation; Sexual Minorities Uganda; Support Initiative for Persons with Congenital Disorders (2014). "Uganda Report of Violations based on Sex Determination, Gender Identity, and Sexual Orientation". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2015. Besoek op 15 Mei 2017.
  15. Grady, Helen; Soy, Anne (4 Mei 2017). "The midwife who saved intersex babies". BBC World Service, Kenya. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2017.
  16. Beyond the Boundary – Knowing and Concerns Intersex (Oktober 2015). "Intersex report from Hong Kong China, and for the UN Committee Against Torture: the Convention against Torture and Other Cruel Inhuman or Degrading Treatment or Punishment". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017.
  17. Submission 88 to the Australian Senate inquiry on the involuntary or coerced sterilisation of people with disabilities in Australia Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine, Australasian Paediatric Endocrine Group (APEG), 27 Junie 2013
  18. Jordan-Young, R. M.; Sonksen, P. H.; Karkazis, K. (April 2014). "Sex, health, and athletes". BMJ. 348 (apr28 9): –2926–g2926. doi:10.1136/bmj.g2926. ISSN 1756-1833. PMID 24776640. S2CID 2198650. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2020. Besoek op 11 Desember 2019.
  19. Macur, Juliet (6 Oktober 2014). "Fighting for the Body She Was Born With". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2015. Besoek op 9 Februarie 2015.
  20. Report of the UN Special Rapporteur on Torture Geargiveer 29 April 2019 op Wayback Machine Geargiveer 24 Augustus 2016 op Wayback Machine, Office of the UN High Commissioner for Human Rights, Februarie 2013.
  21. Eliminating forced, coercive and otherwise involuntary sterilization, An interagency statement Geargiveer 11 Julie 2015 op Wayback Machine Geargiveer 11 Julie 2015 op Wayback Machine, World Health Organization, Mei 2014.
  22. Senate of Australia; Community Affairs References Committee (2013). Involuntary or coerced sterilisation of intersex people in Australia. ISBN 978-1-74229-917-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  23. Asia Pacific Forum of National Human Rights Institutions (Junie 2016). Promoting and Protecting Human Rights in relation to Sexual Orientation, Gender Identity and Sex Characteristics. ISBN 978-0-9942513-7-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2017.
  24. 24,0 24,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sax
  25. (2015) "Free & Equal Campaign Fact Sheet: Intersex".. 
  26. Domurat Dreger, Alice (2001). Hermaphrodites and the Medical Invention of Sex. USA: Harvard University Press. ISBN 978-0-674-00189-3.
  27. "New publication "Intersex: Stories and Statistics from Australia"". Organisation Intersex International Australia. 3 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2016. Besoek op 18 Augustus 2016.
  28. International Commission of Jurists. "In re Völling, Regional Court Cologne, Germany (6 Februarie 2008)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2016. Besoek op 27 Desember 2015.
  29. Reuters (1 April 2015). "Surgery and Sterilization Scrapped in Malta's Benchmark LGBTI Law". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2015. Besoek op 29 Augustus 2020. {{cite news}}: |last= has generic name (hulp)
  30. Star Observer (2 April 2015). "Malta passes law outlawing forced surgical intervention on intersex minors". Star Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2015.
  31. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named eight

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search