Die Investituurstryd[1][2] was 'n magstryd tussen die keisers van die Heilige Romeinse Ryk en die pouse van Rome tydens 11e en 12de eeu. Die stryd is vernoem na die liturgiese handeling met die aanstelling van 'n biskop waar die staf en ring van sy amp aan hom gegee is. Die twis was in wese oor die benoeming van hoë geestelikes soos ryksbiskoppe en abte en abdisse. Beide die keiser en die pous wou die aanstellings maak.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search