Ionisasie is die proses waardeur elektrone aan 'n atoom of molekule gegee of van 'n atoom weggeneem word. Dit maak die atoom 'n ioon, want ione het elektriese lading.
In die proses van ionisasie word 'n elektries neutrale atoom óf positief óf negatief gelaai. Sommige stowwe is makliker om te ioniseer as ander; dit hang van die stof se ionisasie-energie af.[1] Ioniserende straling is 'n algemene oorsaak van ionisasie, maar dit kan ook die gevolg van onder andere hoë temperature en radioaktiewe verval wees.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search