Islamofascisme

Die Groot Mufti van Jerusalem, Amin al Husseini, groet Bosniese SS-vrywilligers
Islamofobie het in die Amerikaanse Suburbia posgevat

Die term Islamofascisme is 'n omstrede neologisme wat na moontlike ooreenkomste tussen sekere moderne Islamitiese groeperings en die Europese fascistiese bewegings van die vroeë 20ste eeu, neofascistiese bewegings of totalitêre ideologieë verwys. Organisasies, wat as "Islamofascisties" beskryf is, sluit al-Kaïda (en sy ondersteuners soos die Salafi-groep vir Preek en Stryd, Jemaah Islamiyah in Indonesië en ander) en die destydse regering van Iran[1] in.

Kritiese stemme beweer dat die vereenselwiging van die Islamitiese godsdiens met die fascisme 'n beledigende en ongeskikte politieke epitheton sou wees. Die Engelse woord Islamofascism word deur die Amerikaanse woordeboek New Oxford American Dictionary erken en gedefinieer as "a controversial term equating some modern Islamic movements with the European fascist movements of the early twentieth century."

  1. "Mortal threat" (in Engels). The Washington Times. 17 Januarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2006. Besoek op 20 April 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search