Ivoor

Ornamente gekerf uit ivoor.
'n Gekerfde ivoorornament.
'n Walruskolonie

Ivoor is 'n harde, wit materiaal waaruit die tande van diere soos olifante, seekoeie, walrusse, en mammoete bestaan.

In die oudste beskawings is ivoor gebruik vir die maak van beelde of om op te teken. In die 14de eeu het die beeldhoukuns in ivoor 'n bloeitydperk beleef. Teen die 20ste eeu word ivoor ook algemeen gebruik in die nywerheid, en veral voor die bekendstelling van plastiek, is dit gebruik vir die maak van biljardballe, klavierklawers, knope en ornamente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search