Joelfees

Die Joelfees is 'n Noord-Europese sonnewendingsfees wat oorspronklik tussen 23 Desember en 6 Januarie gevier is. Die dae voor en na 21 Desember is die wintersonstilstand in die Noordelike Halfrond waartydens die dag- en naglengte nouliks verskil. Eers vanaf 25 Desember begin die daglengtes weer rek.

Die ou Voor-Christelike fees het sy naam in die Skandinawiese tale ook aan die huidige Kersfees verleen wat hier Jul genoem word. Ook Engels (Yule, Yuletide) en Noordfries (Jül) het hierdie Germaanse naam bewaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search