Jokohama

Jokohama

横浜市 Yokohama-shi
Stad
Vlag van Jokohama
Vlag
Wapen van Jokohama
Wapen
Ligging van Jokohama in die Kanagawa-prefektuur
Ligging van Jokohama in die Kanagawa-prefektuur
Jokohama is in Japan
Jokohama
Jokohama
Ligging van Jokohama in Japan (in rooi)
Koördinate: 35°26′39″N 139°38′17″O / 35.44417°N 139.63806°O / 35.44417; 139.63806
LandVlag van Japan Japan
EilandHonsjoe
StreekKanto
Prefektuur Kanagawa
Regering
 • BurgemeesterTakeharu Yamanaka
Oppervlak
 • Totaal437,38 km2 (168,87 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal3 761 630
 • Digtheid8 534,03/km2 (22 103/vk. myl)
TydsoneUTC+09:00 (Japan Standaardtyd)
Poskode
〒231-0017
BoomCamellia, Chinquapin, Sangoju, Sasanqua, Ginkgo, Zelkova
Webwerfcity.yokohama.lg.jp
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "puntkaartbyskrif" (this message is shown only in preview).

Jokohama (横浜市 Yokohama-shi?, [jokoꜜhama]), is die hoofstad van die Kanagawa-prefektuur in Japan, geleë in die Kantogebied van die hoofeiland Honsjoe en 'n belangrike kommersiële spilpunt van die Groter Tokio-gebied. Jokohama se bevolking van 3,7 miljoen maak dit Japan se grootste ingelyfde stad en die tweede mees bevolkte gebied na Tokio (dit geld slegs snags; bedags het Jokohama die derde grootste bevolking).[1]

Ingang na Jokohama se stasie

Jokohama het spoedig as 'n prominente hawestad ontwikkel na die beëindiging van Japan se selfverkose isolasie in die laat 19de eeu en is vandag een van die land se belangrikste seehawens tesame met Kobe, Osaka, Nagoja, Hakata, Tokio en Chiba.

Jokohama was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het, asook een van die vergaderplekke tydens die Rugbywêreldbeker 2019.

  1. Tokio is nie 'n enkele ingelyfde stad nie – sien Tokio vir meer inligting oor die samestelling van Tokio.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search