Jura

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kryt Vroeg Berriasium jonger
Jura Laat Titonium 145,0–152,1
Kimmeridgium 152,1–157,3
Oxfordium 157,3–163,5
Middel Callovium 163,5–166,1
Batonium 166,1–168,3
Bajosium 168,3–170,3
Aalenium 170,3–174,1
Vroeg Toarsium 174,1–182,7
Pliensbachium 182,7–190,8
Sinemurium 190,8–199,3
Hettangium 199,3–201,3
Trias Laat Rhaetium ouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die Jura (Engels: Jurassic) is ’n geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die Trias sowat 201,3 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kryt sowat 145 miljoen jaar gelede. Die Jura is ook ’n chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.

'n Kaart van die wêreld, soos dit in die middel Jura gelyk het (sowat 170 miljoen jaar gelede).
Groot dinosourusse het in die Jura voorgekom in woude met ewe groot naaldbome.

Die Jura is die middelste periode van die Mesosoïkum en is genoem na die Juragebergte in die Europese Alpe, waar kalksteenstrata uit die periode die eerste keer ontdek is.

Teen die begin van die Jura het die superkontinent Pangea uitmekaar begin dryf en twee landmassas, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide, gevorm. Dit het die kuslyn verleng en die kontinentale klimaat verander van droog tot vogtig, en baie van die woestyne van die Trias is vervang deur reënwoude. Daar was geen yskappe by die pole nie.

Die Jura het begin met die Trias-Jura-uitwissing. Die einde van die periode het egter geen duidelike, definitiewe grens met die Kryt nie; dit is die enigste grens tussen geologiese periodes wat amptelik ongedefinieer is.

Op die land het die dierelewe verander van die Trias se oorheersende Dinosauromorpha en Crocodylomorpha tot een wat slegs deur dinosourusse oorheers is. Die eerste voëls het ook in die Jura hulle verskyning gemaak nadat hulle uit ’n tak van die Theropoda ontwikkel het. Ander belangrike gebeurtenisse sluit in die verskyning van die eerste akkedisse en die evolusie van soogdiere.

In die oseane het seereptiele voorgekom soos Ichthyosauria en Plesiosauria, terwyl Pterosauria die oorheersende vlieënde gewerweldes was. Moderne haaie en rôe het die eerste keer in dié periode ontstaan en gediversifseer.

Die plantegroei het meestal uit varings en naaksadiges, insluitende naaldbome, bestaan. Baie moderne groepe het ook hulle verskyning gemaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search