Justice | |
---|---|
Gaspard Augé en Xavier de Rosnay | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Parys (Frankryk) |
Genres | Elektroniese musiek, electronic rock |
Jare aktief | 2003 — hede |
Etikette | Ed Banger |
Lede | Gaspard Augé Xavier de Rosnay |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Justice is 'n Franse elektroniese musiekduo wat uit Gaspard Augé (* 21 Mei 1979) en Xavier de Rosnay (* 2 Julie 1982) bestaan.[1] Hierdie duo is die suksesvolste groep in kontrak met Ed Banger Records, en word deur die hoof van die uitgewer, Pedro Winter, bestuur. Justice staan bekend vir hul kenmerkende sameflansing van rockelemente met hul elektroniese musiek.[2][3]
Justice se styl is al beskryf as hebbend van rockelemente en selfs heavy metal-elemente.[4] Hulle kombineer opgekerfde baslyne met 'n saamgepersde en verwronge sintetiese klank. Hul musiek bevat gereeld die basslaptegniek wat aan die musiek 'n electro house-klank gee. Justice gebruik ook dele uit ander snitte om tot hierdie effek by te dra, soos met die snit "Tthhhee Ppaarrttyy" saam met Uffie.
Die instrumente wat Justice gebruik om hul musiek te produseer, sluit in: 'n Apogee Ensemble Recording Interface, 'n Power Mac G5-rekenaar, hul Korg RADIAS, MicroKORG en Cubase, en ander samestellingsagteware.[5] Tydens regstreekse optredes is daar gewoonlik 'n Korg RADIAS, drie JazzMutant Lemur Input Devices, twee MacBook Pro's wat Ableton Live aandryf, 'n Korg MicroKorg, 'n AKAI MPD24, 'n Korg ZERO8, en 'n Pioneer DJM800 op die verhoog. Aan beide kante van "Valentine" ('n gebreekte modulêre sintetiseerder-verhoogrekwisiet) staan nege gestapelde Marshall-kabinetfronte, wat 'n totaal van agttien meebring.[6] Die kabinetstapels is bykomende nie-funksionerende verhoogrekwisiete wat vir versiering daar geplaas word.[7] Hul platejoggie-opstelling sluit twee Pioneer CDJ-1000MK3's en 'n Pioneer DJM800 in.[8]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search