’n Kunstenaarsvoorstelling van K2-18b (regs) wat om die rooidwerg K2-18 (links) wentel. Die onbevestigde eksoplaneetkandidaat K2-18c is tussen hulle te sien.
K2-18b, ook bekend as EPIC 201912552 b, is ’n eksoplaneet wat om die rooidwergK2-18 wentel, 124 ligjare van die Aarde af.[5] Die planeet, wat aanvanklik met die Kepler-ruimteteleskoop ontdek is, het ’n massa van sowat agt keer die Aarde s’n en is dus ’n superaarde. Dit wentel elke 33 dae om sy moederster en is binne die bewoonbare sone. Dit is egter waarskynlik onbewoonbaar.
In 2019 het twee onafhanklike navorsingstudies, wat data van die ruimteteleskope Kepler, Spitzer en Hubble gekombineer het, bevind daar is aansienlike hoeveelhede waterdamp in die planeet se atmosfeer, wat ’n eerste vir ’n planeet in die bewoonbare sone is.[8][9][10]
↑Zacharias, N.; Finch, C. T.; Girard, T. M.; Henden, A.; Bartlett, J. L.; Monet, D. G.; Zacharias, M. I. (2012). "VizieR Online Data Catalog: UCAC4 Catalogue (Zacharias+, 2012)". Vizier Online Data Catalog. Bibcode:2012yCat.1322....0Z.
↑Benneke, Björn; Werner, Michael; Petigura, Erik; Knutson, Heather; Dressing, Courtney; Crossfield, Ian J. M.; Schlieder, Joshua E.; Livingston, John; Beichman, Charles; Christiansen, Jessie; Krick, Jessica; Gorjian, Varoujan; Howard, Andrew W.; Sinukoff, Evan; Ciardi, David R.; Akeson, Rachel L. (2017). "Spitzerobservations Confirm And Rescue The Habitable-Zone Super-Earth K2-18b For Future Characterization". The Astrophysical Journal. 834 (2): 187. arXiv:1610.07249. Bibcode:2017ApJ...834..187B. doi:10.3847/1538-4357/834/2/187.
↑Montet, Benjamin T.; et al. (5 Augustus 2015). "Stellar and Planetary Properties of K2 Campaign 1 Candidates and Validation of 17 Planets, Including a Planet Receiving Earth-like Insolation". The Astrophysical Journal. 809 (1): 25. arXiv:1503.07866. Bibcode:2015ApJ...809...25M. doi:10.1088/0004-637X/809/1/25.