Kaapkolonie

Hierdie artikel handel oor die Britse kolonie. Vir die Nederlandse kolonie, sien Nederlandse Kaapkolonie.
Cape Colony
Britse Kaapkolonie


1795–1910

Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied:
God Save the King (1795–1837; 1901–1910)
God Save the Queen (1837–1901)
Ligging of Kaapkolonie
Ligging of Kaapkolonie
Die Kaapkolonie ca. 1890
met Griekwaland-Oos en Griekwaland-Wes geannekseer
en Stellaland/Goosen (in lig rooi) geëis
Hoofstad Kaapstad
33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450Koördinate: 33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450
Taal/Tale Engels, Nederlands (amptelik)
Khoekhoe en Xhosa is ook gepraat
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikanisme, Tradisionele Afrika-godsdiens
Regering Monargie
Monarg
 - 1795–1820 George III
 - 1820–1830 George IV
 - 1830–1837 William IV
 - 1837–1901 Victoria
 - 1901–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Eerste minister
 - 1872–1878 John Molteno
 - 1908–1910 John X. Merriman
Goewerneur
 - 1797–1798 George Macartney
 - 1901–1910 Walter Hely-Hutchinson
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Nederlandse Kaapkolonie 1652–1795
 - Stigting van die Kaapkolonie 1795
 - Nederlandse kolonie 1803–1806
 - Verdrag van Londen 13 Augustus 1814
 - Natal geïnkorporeer 1844
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
Oppervlakte
 - 1822[1] 331 900 km2
128 147 sq mi
 - 1910 569 020 km2
219 700 sq mi
Bevolking
 - 1822[1] skatting 110 380 
     Digtheid 0,3 /km² 
0,9 /sq mi
 - 1865[2] skatting 496 381 
 - 1910 skatting 2 564 965 
     Digtheid 4,5 /km² 
11,7 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling
Die Geskiedenis van die Kaapkolonie reeks

Nederlandse Kaapkolonie
Kaapkolonie

Voor 1806
Vanaf 1806 tot 1870
Vanaf 1870 tot 1899
Vanaf 1899 tot 1910

Die Kaapkolonie (Engels: Cape Colony) was 'n deel van Suid-Afrika onder Britse beset gedurende die 19de eeu. Dit het ooswaarts vanaf die Atlantiese Oseaan gestrek. Die finale oostelike grens, na vele oorloë teen die Xhosas, is by die Groot-Visrivier getrek. In die noorde het die Oranjerivier, ook bekend as die Garieprivier, vir lank as die grens gedien, hoewel grondgebied tussen dié rivier en die suidelike grens van Botswana later bygevoeg is.

Die geskiedenis van die Kaapkolonie begin in 1652 met die stigting van Kaapstad deur die Nederlandse kommandeur Jan van Riebeeck wat in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) was.

Napoleon het die Sewe Provinsies van Nederland in 1795 beset wat die moederland van die VOC was. Dit het Groot-Brittanje aangespoor om die Kaap in 1795 om taktiese redes gedurende die Napoleontiese Oorloë te beset. Die VOC dra sy landgebiede oor na die Bataafse Republiek in 1798 en hou op om te bestaan in 1799. Die Britse mag gee die Kaapkolonie weer terug aan die Bataafse Republiek in 1803.

In 1806 word die Kaap weer deur die Britse mag beset gedurende die Slag van Blaauwberg in 'n poging om Napoleon uit die Kaap te hou, asook om handelsroetes na die Verre Ooste te beheer.

'n Britse kolonie word op 8 Januarie 1806 daargestel en die Kaapkolonie bly onder Britse beheer tot die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910, waarna dit die Provinsie van Kaap die Goeie Hoop word, of beter bekend as die Kaapprovinsie.

In die loop van die 19e eeu het die Kaap 'n grondwetlike ontwikkeling soortgelyk aan dié van Brittanje se ander kolonies ondergaan. Die kroonkoloniebestuur wat aanvanklik toegepas is het al die mag in die hande van die goewerneur geplaas. Hy moes dikwels in regstreekse opdrag van die Britse regering optree sonder dat hy die geleentheid gegun is om sy eie diskresie te gebruik. Die verontagsaming van die plaaslike bevolking se wense het daartoe gelei dat baie griewe teen die Britse owerheid ontstaan het wat die grondliggende oorsaak van die Groot Trek geword het. Sedert 1834 het die koloniste geleidelik meer seggenskap in hul eie bestuursake verkry, maar die Imperiale regering se vetoreg op plaaslike wetgewing het eers in 1872 verdwyn.

  1. (en) Alexander Wilmot; John Centlivres Chase (1869). History of the Colony of the Cape of Good Hope: From Its Discovery to the Year 1819. J. C. Juta. pp. 268–. Besoek op 10 September 2013.
  2. "Census of the colony of the Cape of Good Hope. 1865" (in Engels). HathiTrust Digital Library. p. 11. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 26 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search