Kaart

’n Topografiese kaart van Suid-Afrika.
’n Tematiese kaart van die inwonertalle in die VSA.
’n Geografiese kaart van Suid-Afrika.
’n Skematiese kaart van die Weense U-Bahn (in 2024).

’n Kaart is ’n gemodelleerde weergawe van die aardoppervlak; meestal ’n geografiese weergawe, maar soms skematies. Dit word gewoonlik volgens ’n skaal geteken, wat op die kaart aangedui word, soos 1:25 000. Die skaal werk egter nie meer as die kaart verklein of vergroot word, soos met digitale kaarte nie.

Die oudste kaart wat bewaar gebly het, is een van ’n rivierdal tussen twee heuwels op ’n Babiloniese kleitablet van 7,6 × 6,8 cm wat in 1930 gevind is by Ga-Sur, in die omgewing van die huidige Kirkuk. Die begeleidende teks in spykerskrif gee ’n verklaring van die kaart. Dit dateer uit die 25ste tot 24ste eeu v.C.

Tans is baie noukeurige kaarte moontlik danksy onder meer lugfoto's. Op die internet kan op kaarte ingezoem word en GPS-stelsels maak dit moontlik om jou pad te vind terwyl jy in jou motor ry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search