Kabelstutbrug

'n Kabelstutbrug (harp-ontwerp)

'n Kabelstutbrug of kabelbrug is 'n brug wat bestaan uit een of meer kolomme (ook genoem torings) met kabels daaraan verbind om die dek van die brug te ondersteun.

Daar bestaan twee hoofsoorte kabelstutbrûe:

  • Die harp-ontwerp waar die kabels byna parallel geheg word deur die kabels op verskeie punte op die toring vas te heg sodat die hoogte van die hegpunt bykans dieselfde is as die afstand van die toring tot by die hegpunt aan die dek.
  • Die waaier-ontwerp waar al die kabels bo-oor die toring gespan word.

Die kabelstut-ontwerp is die optimum vir 'n bruglengte tussen dié van 'n kantelbrug en 'n hangbrug. Vir hierdie bruglengte sou 'n hangbrug veel meer kabel vereis het, terwyl 'n kantelbrug baie meer materiaal sou vereis wat dit 'n beduidend swaarder brug sou maak. Daar mag egter uitsonderings wees na gelang van die spesifieke omstandighede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search