Kakaoboon

Kakaobone in hul peul.
Kakaobone met en sonder saadmantel.

Die kakaoboon is die smaakbepalende stof vir sjokolade. Die boon is die vrug van die kakaoboom. Hernán Cortés het die eerste kakaobone vanuit Meksiko na Spanje geneem. Die resep vir sjokolademelk/kakaodrank is daar vir meer as 100 jaar geheim gehou. Die kakaobone word eers gerooster, tot 'n dik massa gemaal en dan met water aangelengd. Vir smaak kan heuning en suiker toegevoeg word.

In 1825 het die Nederlander Coenraad Johannes van Houten die basis vir die bereiding van kakaopoeier, kakaobotter en sjokolade ontdek. Hy het ontdek hoe die kakaobotter uit die bone gepers kon word. Van Houten het ook die alkalisering van die bone ontdek: dis 'n metode om die aanwesige sure in die kakao te neutraliseer. Dit het die smaak goed ontwikkel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search