Kastrasie

’n Mediese illustrasie deur die Persiese hitorikus Sharaf ad-Din van ’n operasie vir kastrasie, omstreeks 1466.
Kastrasie as ’n straf in die 16de eeu.

Kastrasie (ook genoem sterilisasie, ontmanning, ovariëktomie, ens.) is enige manier – snykundig, chemies of andersins – waardeur ’n manlike mens of dier die funksie van die testikels of ’n vroulike mens of dier die funksie van die eierstokke verloor.

Met snykundige kastrasie word die testikels met chirurgie verwyder en met chemiese kastrasie word die testikels met chemiese middels gedeaktiveer. Kastrasie veroorsaak sterilisasie, wat meebring dat die persoon of dier nie meer kan voortplant nie; dit verminder ook die vervaardiging van sekere hormone soos testosteroon en estrogeen. Die uitwerking van die afname in laasgenoemde is aansienlik dwarsdeur ’n vrou se liggaam.[1]

Soms verwys die term "kastrasie" ook na emaskulasie (die verwydering van die penis én testikels). In sommige kulture word geen onderskeid tussen die twee getref nie en dit kan verwarrend wees. By diere help kastrasie voordelige omstandighede skep, soos om oorbevolking te voorkom en die geslagsdrif te verminder. Daar word dikwels gesê die dier is "reggemaak".

  1. Shuster, LT; Gostout, BS; Grossardt, BR; Rocca, WA (September 2008). "Prophylactic oophorectomy in pre-menopausal women and long term health – a review". Menopause Int. 14: 111–6. doi:10.1258/mi.2008.008016. PMC 2585770. PMID 18714076.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search