Katakombe

Calixtus-katakombe in Rome, met grafkamers wat uit rots gekap is
Katakombes van Napels (18de eeuse tekening)

Katakombes is mensgemaakte ondergrondse grotte, gewelwe of tonnels wat in antieke tye vir begrafnisdoeleindes gebruik is. In sekere gevalle is katakombes in later periodes ook aangelê om die beendere van mense te herbegrawe nadat ouer massagrafte of begraafplase weens onhigiëniese toestande opgegrawe is.

Oorspronklik is katakombes ook as geheime vergader- en skuilplekke van vroeg-Romeinse Christene tydens die groot vervolgings van die 3de eeu beskou. Hierdie hipotese is egter nie deur argeologiese navorsing bevestig nie.

Die grootste katakombes – soos dié van Rome en Parys – strek oor enkele kilometers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search