Kelties

Keltiese tale
Geografiese
verspreiding:
Vlag van Wallis Wallis
Vlag van Cornwall Cornwall
Vlag van Bretagne Bretagne
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Eiland Man Man (eiland)
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Keltiese tale
Onderafdelings:

Verspreiding van Keltiese tale:

   Deur 'n meerderheid

   Deur 'n minderheid

Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Keltiese tale is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die Indo-Europese tale wat deur die Kelte gepraat is, een van die eerste Europese groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die 5de eeu v.C. vanuit die sentrale deel van Europa getrek.

Kaart van die diachroniese uitbreiding van Keltiese stamme in Europa volgens 19de eeuse hipoteses:

   Kerngebied van die Hallstatt-beskawing (6de eeu v.C.)

   Grootste Keltiese magsuitbreiding in die 3de eeu v.C.

   Lusitaanse gebied van Iberië waar die presiese Keltiese invloed nie duidelik is nie

   "Ses Keltiese nasies" wat ook tans nog met 'n beduidende aantal sprekers van Keltiese tale spog

   Huidige Keltiese taalgebied

Kelties bestaan vandag uit vier lewendige gemeenskapstale, Iers-Gaelies, Skots-Gaelies, Wallies en Bretons wat op die randgebiede van state met ander meerderheidstale gepraat word. Twee ander tale, Manx-Gaelies en Kornies, het onlangs, Kornies in die 18de eeu en Manx-Gaelies in die 19de eeu, hulle status as gesproke gemeenskapstale verloor maar is die onderwerp van herlewingspogings. Benewens die randgebiede in hulle oorspronklike taalgebiede in Europa, word Keltiese tale ook in oostelike Kanada, Patagonië en deur verspreide groepe in die Verenigde State en Australië gepraat.

Keltiese tale wat intussen uitgesterf het, het ook die Romaanse en Germaanse tale wat dit verplaas het beïnvloed, soos byvoorbeeld die opname van 'n beperkte Galliese woordeskat in Frans en Keltiese invloed op Engels.[1] Oral ter wêreld word plekname met Keltiese oorsprong ook aangetref.[2]

Die sprekers van hierdie tale neem baie af en dit word veral deur Engels en Frans verdring.

  1. Claire Lovis, Celtic Influence on the English Language, University of Toronto, 2001, besoek op 26 Mei 2007
  2. Donald MacAulay The Celtic Languages, besoek op 22 Mei 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search