'n Kenning (Oudnoors" kenning, "kenteken"; meervoud: kenningar) is 'n digterlike uitdrukking eie aan die Oud-Germaanse Skandinawiese en Oudengelse letterkunde en skaldepoësie. Dit is 'n stylfiguur wat as plaasvervanger van 'n naam of begrip aangewend is.
Die kenninge van die Oudnoorse lofliedere kom by leke as gekunsteld voor vanweë die opeenstapeling van vreemde spreuke, maar by die aristokratiese publiek van destyds het 'n voorkennis van die mitiese materiaal en sagas meegebring dat hulle dit verstaan het.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search