Kleisthenes

Kleisthenes is bekend as "die vader van Atheense demokrasie". Moderne borsbeeld, uitgestal in die Ohio-staatshuis, VSA

Kleisthenes (Grieks: Κλεισθένης) was 'n Atheense edelman van die Alkmaionidfamilie. Hy word beskou as die hervormer van die antieke Atheense grondwet, deurdat hy dit in 508/7 v.C. op 'n demokratiese grondslag geplaas het.[1] Weens hierdie hervormings verwys historici na hom as "die vader van Atheense demokrasie."[2] Hy was die jonger seun van Agariste, dogter van die tiran Kleisthenes van Sikyon, en haar man Megakles. Volgens geskiedkundiges sou Kleisthenes ook gesorg het dat die Atheense raad van burgers groter mag kry en dat die mag van die adel oor die Atheense politiek ingekort word.[3]

  1. Ober, pp. 83 ff.
  2. R. Po-chia Hsia, Lynn Hunt, Thomas R. Martin, Barbara H. Rosenwein, en Bonnie G. Smith, The Making of the West, Peoples and Cultures, A Concise History, Band I: Tot 1740 (Boston en New York: Bedford/St. Martin’s, 2007), 44.
  3. Cleisthenes Of Athens. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe-uitgawe. Chicago: Encyclopædia Britannica.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search