Kleurstof

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Kleur- en verfstowwe.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Die chemiese struktuur van indigo-kleurstof, gebruik om die kleur van blou jeans te gee. Indigo-kleurstof word vroeër uit plante gehaal maar word nou byna uitsluitlik industrieel gesintetiseer.[1]

Kleurstof is 'n gekleurde stof wat chemies verbind aan die substraat waarop dit aangebring word. Dit onderskei kleurstowwe van pigmente wat nie chemies verbind aan die materiaal wat hulle kleur nie. Die kleurstof word gewoonlik in 'n waterige oplossing aangebring, en kan 'n bytmiddel benodig om die vasheid van die kleurstof op die vesel te verbeter.[2]

Beide kleurstowwe en pigmente is gekleur omdat dit slegs sekere golflengtes van sigbare lig absorbeer. Kleurstowwe is gewoonlik oplosbaar in water, terwyl pigmente onoplosbaar is. Sommige kleurstowwe kan met die toevoeging van sout onoplosbaar gemaak word om 'n meer-pigment te produseer.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ullmann
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search