Kloaak

’n Kloaak of kloaka is die agterste opening van baie gewerwelde diere wat dien as die enigste uitlaatkanaal in die spysvertering-, voortplanting- en urinestelsel. Alle amfibieë, reptiele, voëls en ’n paar soogdiere het so ’n opening, waaruit urine én ontlasting kom. Dit is in teenstelling met die meeste plasentale soogdiere, wat twee of drie aparte uitmondings het. Baie diere paar met hulle kloake.

Die kloaakstreek word ook dikwels verbind met ’n afskeidingsorgaan, die kloaakklier, wat vermoedelik betrokke is by die die reuk wat sommige reptiele,[1] buideldiere,[2] amfibieë en kloaakdiere afskei.[3]

  1. Carl Gans; David Crews (Junie 1992). Hormones, Brain, and Behavior. University of Chicago Press. ISBN 978-0-226-28124-7.
  2. R. F. Ewer (11 Desember 2013). Ethology of Mammals. Springer. ISBN 978-1-4899-4656-0.
  3. Harris, R. L., Cameron, E. Z., Davies, N. W., & Nicol, S. C. (2016). Chemical cues, hibernation and reproduction in female short-beaked echidnas (Tachyglossus aculeatus setosus): implications for sexual conflict. In Chemical Signals in Vertebrates 13 (pp. 145-166). Springer, Cham.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search