Kode

Morsekode, 'n bekende tipe kode

'n Kode is 'n reël waarvolgens 'n brokkie inligting (bv. 'n letter, woord, frase of gebaar) omgeskakel word na 'n ander – gewoonlik verkorte of verborge – vorm of voorstelling (een teken tot 'n ander teken), en nie noodwendig van dieselfde soort nie.

Met kommunikasie en inligtingverwerking behels kodering die proses waarvolgens inligting vanaf 'n bron omgeskakel word tot simbole wat gekommunikeer moet word. Dekodering is die teenoorgestelde proses waar die kodesimbole terug omgeskakel word na inligting verstaanbaar vir die ontvanger.

Een vername rede vir kodering is om kommunikasie moontlik te maak in gebiede waar gewone gesproke of geskrewe taal moeilik of onmoontlik is. Byvoorbeeld semafoor, waar die samestelling van vlae wat deur die seiner of die arms van 'n semafoortoring gehou word, dele van die boodskap kodeer, normaalweg, letters en getalle.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search