Koerile

Koerile
Inheemse naam: Курильские острова
千島列島 / クリル列島
'n Kuslyn aan een van die Koerile-eilande.
'n Kuslyn aan een van die Koerile-eilande.
Geografie
Ligging See van Ochotsk, Stille Oseaan
Koördinate 46°30′N 151°30′O / 46.500°N 151.500°O / 46.500; 151.500Koördinate: 46°30′N 151°30′O / 46.500°N 151.500°O / 46.500; 151.500
Argipel Koerile
Totale eilande 56

Oppervlakte 10 503,2 vk km
Hoogste punt Alaid 2 339 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Oblast Sachalin

Vlag van Japan Japan
Prefektuur Nemuro-onderprefektuur
Hoofstad Nemuro
Grootste stad Nemuro (84 035)

Demografie
Bevolking 19 434

Bevolkingsgroepe Ainoe, Russe
'n Nasa-satellietbeeld van die Koerile.

Die Koerile (Russies: Кури́льские острова́, Koerilskije ostrowa, [kʊˈrʲilʲskʲɪjə ɐstrɐˈva]; Japannees: クリル列島, Kuriru rettō, letterlik: "Koerile-argipel", of 千島列島, Chishima rettō, letterlik: "Argipel van Duisend Eilande") is ’n vulkaniese argipel wat sowat 1 300 km noordoos strek van Hokkaido in Japan tot by die Kamtsjatka-skiereiland in Rusland. Dit vorm saam met Sachalin die federale deelgebied Sachalin-oblast. Dit skei die See van Ochotsk van die Noordelike Stille Oseaan.[1]

Die argipel bestaan uit 56 eilande en talle kleiner rotse. Dit word verdeel in die Groot-Koerile en die Klein-Koerile suidoos daarvan. Die eilande se vulkane behoort tot die Ring van Vuur, wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Al die eilande is onder Russiese jurisdiksie, hoewel die suidelikste vier deur Japan beskou word as deel van dié land, onder meer twee van die drie grootstes, Itoeroep en Koenasjir. Die ander twee is die klein eilande Sjikotan en Chabomai. Dit het gelei tot 'n voortdurende dispuut tussen die twee lande. Die vier eilande is in Japan bekend as dié land se "Noordelike Gebiede".[2] In 2018 het Rusland en Japan samesprekings hervat om die dispuut te probeer oplos.

In Russiese bronne word die eilande al in 1646 genoem, maar die eerste keer dat die eilande in besonderhede beskryf is, is in 1697 deur die ontdekkingsreisiger Wladimir Atlasof.

  1. "Kuril Islands" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 14 Augustus 2017.
  2. Koike, Yuriko (31 Maart 2014). "Japan's Russian Dilemma".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search