Kondensmelk

Kondensmelk
Twee soorte kondensmelk: gewone kondensmelk (links) en soet kondensmelk (regs). Die Estnies-vervaardigde produk aan die regterkant is op Duitse verbruikers van Oekraïnse en Russiese afkoms gemik - vandaar die Kirilliese skrif

Kondensmelk of koffiemelk is ingedikte melk waaruit die water gedeeltelik onttrek is. Indien water by kondensmelk gevoeg word, kry 'n mens weer 'n produk wat baie op vars melk lyk. Die presiese terminologie verskil afhangende van die taalgebied. So word daar in Engelssprekende lande 'n verskil gemaak tussen condensed milk (ingedikte melk wat deur byvoeging van suiker gepreserveer word) en evaporated milk (ongesuikerde kondensmelk waarvoor meer gesofistikeerde prosessering benodig word om dit teen bederf te beskerm).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search