Konsessiesaak

'n Konsessie van McDonald's op die VSA se Guantanamo Bay-vlootbasis in Kuba

'n Konsessiesaak of franchise-onderneming is 'n soort onderneming waar 'n konsessie-eienaar (franchisegewer) 'n lisensie om 'n handelsmerk en beproefde besigheidsmetodes te gebruik aan 'n konsessiehouer (franchisenemer) toestaan in ruil vir herhaalde betalings en gewoonlik 'n persentasie van die omset of wins en jaarlikse fooie. Verskeie tasbare en nie-tasbare middele, soos nasionale of internasionale advertensies, opleiding en ander ondersteuningsdienste, word tipies deur die organisasie wat die "kettingwinkel" of tak van die konsessiesaak lisensieër, verskaf. Dikwels vereis die eienaar van die konsessiesaak geouditeerde state en voer dikwels ook periodieke en willekeurige inspeksies by die konsessiehouer se perseel uit. Indien sulke inspeksies daarop dui dat die konsessiehouer nie voldoen aan die vereistes daargestel deur die konsessiesaak nie, kan dit lei tot 'n opskorting van konsessiehouer se regte. Volgens die Financial Times in die V.S.A. sou die totale verkope van konsessiesake in die V.S.A., indien dit as 'n produk geklassifiseer was, een van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld wees. Een van die eerste konsessiesake was A&W Restaurants in Kalifornië.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search