Kosakke

Moenie verwar word met Kasakke nie.
Die Zaporozje-Kosakke skryf ’n brief aan die Ottomaanse sultan (Ilja Repin, 1891)

Kosakke (Oekraïens: козаки́, kozaki; Russies: казаки́, kazaki; Pools: Kozacy) was oorspronklik lede van demokratiese, halfmilitêre gemeenskappe in die Oekraïne en Suid-Rusland, veral in ylbevolkte gebiede en aan die Don- en die Dnjepr-rivier. Hulle het ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van hierdie streke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search