Kranswier

Kranswier
Chara vulgaris
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Charophyta

Migula 1897, Cavalier-Smith 1993
(geen rang):
Klasse

Kranswiere (afdeling Charophyta) is 'n groepie wiere wat uitsluitend in varswater voorkom. Die meeste spesies het verkalkte selwande en ’n groot deel van die kalkafsettings op die bodem van riviere of damme is van dooie wiere afkomstig. Kranswiere (Charophyta) wyk soveel af van ander groen wiere wat hulle bou betref dat hulle as ’n afsonderlike afdeling van die planteryk beskou word.

Kranswiere is meersellige plante met 'n duidelik stingelagtige stam en wortelagtige organe waarmee hulle in die bodem vasgeanker is. Die hoofstingel bestaan uit twee soorte selle: internodiumselle (selle tussen die knope) en knoopselle. Albei soorte bevat talryke bladgroenkorrels wat fotosintese bewerkstellig.

Die internodiumselle is lank en het meer as een kern. Hulle word van mekaar geskei deur die baie kleiner knoopselle, wat altyd net een kern bevat. Aan die knoopselle kom sytakke voor wat op hulle beurt vertak en op reëlmatige afstande kranse aan die hoofstingel vorm. Kranswiere kom oor die hele wêreld voor, maar afgesien van ’n paar spesies wat in brakwater groei, kom hulle net in varswater voor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search